Platberg News

MOTHS-VROUEDAG 9 AUGUSTUS 2018
22 Vrouens het die ysige weer op 9 Augustus trotseer om die MOTHS-Vrouedag by te woon.
Hulle is verwelkom met ‘n glasie sherrie en ‘n warm saal. Die warm hartlikheid het net beter geword toe Zander Strachan begin het met sy praatjie waarin hy gedigte van besonderse vrouedigters voorgelees het. Dit was ‘n heerlike ervaring omdat die gehoor heeltyd betrokke was by sy aanbieding. Sy fokus was om op vroue se uitsonderlike prestasies binne die Afrikaanse letterkunde te konsentreer.
Zander het sy aanbieding begin met Ingrid Jonker en dit het die mense onmiddellik meegevoer. Daarna het hy Antjie Krog behandel en ook verskeie staaltjies uit die verlede opgehaal. Hy het ook Louis Esterhuise (voorheen van Bethlehem) se gedig oor die vrou langs die pad vergelyk met ‘n soortgelyke (maar tog anders) gedig. Die digters Elizabeth Eybers, Joan Hambidge, Daniel Hugo en Annesu de Vos het ook vermeldings gekry.
Zander het terselfdertyd na jonger Afrikaanse digters verwys. Sy vertellings oor persoonlike kontak met die digters het die hele praatjie gebind en die vroue se belangstelling geprikkel. Selfs die Moths (wat agter die vroue gesit het) en as gashere opgetree het, was vasgevang deur die aanbieding en veral “die stories agter die stories” wat die hele lesing in konteks geplaas het.
Na afloop van die voorlesing is die vroue bederf met heerlike eetgoedjies voorsien deur die MOTH-mans.
Volgende jaar sal die dag weer aangebied word, maar die keer met ‘n verrassende variasie.

Tot dan
Old Bill Groete.

 


KAMERAADSKAP

 

Om n MOTH te wees , beteken ons vergeet nie ons makkers nie , hier besoek Hein de Lange vir Piet Venter , Piet Venter wat lank n inwoner van Harrismith was , betrokke by Atletiek klub en MOTHS vir jare n ou bekende by baie Harrismithers is tans woonsaam in Verkeerdevlei . Hy is nie vergete nie al het hy verhuis , MOTH wees is meer as net vriend wees dus ware kameraadskap.